Australiese Ope (tennis)

Kenteken van die Australiese Ope in 2017
Die Margaret-baan by die Australiese Ope
Binnekant van die Rod Laver Arena voor 'n wedstryd

Die Australiese Ope (Engels: Australian Open) is 'n groot tenniskampioenskap wat jaarliks in Januarie in Melbournepark, Australië, aangebied word. Dit is die eerste Grand Slam-toernooi van die jaarlikse tenniskalender. Dit is die grootste sporttoernooi wat jaarliks in Australië plaasvind.

Soos by alle Grand Slam-toernooie word mans- en damesenkels, mans- en damesdubbels, gemengde dubbels en juniorkampioenskappe gespeel. 'n Toernooi vir rolstoel-tennisspelers en vertoonwedstryde deur bekende spelers word ook aangebied.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search